MBOMBELA – Die vier sogenaamde ninjas wat die Onderberg glo tot in November 2011 geterroriseer het, het Donderdag weer in die Nelspruit Streekshof verskyn.
Mnre. Moses Silinda (31), Pieto Gwambe (28), Sam Chauke (37) en Venas Gavane (28) staan tereg op aanklagte van die onwettige betreding én die verlaat van die Republiek van Suid- Afrika, drie klagtes van roof met verswarende omstandighede, menseroof en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Hulle is aangekla nadat hulle glo in 2011 gereeld amok gemaak het deur verskeie misdade met samoerai-swaarde te pleeg.
Laevelder het foto’s van die vier gepubliseer en die gemeenskap is gewaarsku om op die uitkyk vir hulle te wees.
Die boere, privaatsekuriteits-maatskappye en polisie van die Onderberg het saamgespan om die vier vas te trek.
Meer as 100 mense het aan die operasie deelgeneem en die beskuldigdes is weer op 23 November 2011 gearresteer.
Lees meer oor die getuienis in die saak: Só het Onderbergers die ninjas vasgetrek
