Hard newsLocal newsNews

BONUSVIDEO: Tien dinge van olifante wat jy dalk nie geweet het nie…

Olifante loer by 'n gastehuis in as dit moet en flap hul ore as 'n intimidasietegniek.

MBOMBELA – Bob Preller is ‘n olifantkenner wie se boek The Silent Giants of Southern Africa vele ongewone feite oor die grootvoete weergee en bespreek sy navorsing oor ‘n virtuele muur om olifante uit sekere areas te hou.

Maar,  het jy geweet ….

1. Daar is vele plekke in Suid-Afrika met “olifant” in ‘n naam soos Ollifantsvlei, Olifantskop en Olifantsberg maar die plekke het een ding in gemeen: daar is nie meer olifante daar nie!

2. Olifante eet 70 tot 300 kilogram kos per dag.

3. Meer as 85 verskillende soorte miskruiers kan in olifantmis aan die werk gevind word.

4. Die gemiddelde lengte vir ‘n olifant is 2,8 meter.

5. Olifante kan in die omgewing van 60 jaar oud word.

6. Die bekende bul van die Nasionale Kruger Wildtuin, Alexander, het vermoedelik van ‘n hartaanval in 2009 gesterf naby Mopanikamp ten aanskoue van ‘n aantal toeriste. Sy olifantvriend daarnaby was in rou gedompel en het die hiënas en aasvoëls verwyder wat nader gedraf het. Hy het ook Alexander se een tand sagweg met sy slurp uitgetrek, dit ‘n paar meters ver gedra en voor die toeriste se motors geplaas.

7. Oorflappery kom voor wanneer olifante hulle ore gebruik om byvoorbeeld motors wat te naby aan hulle in die wildtuin te kom, te intmideer.

8. ‘n Gastehuis is na bewering per ongeluk gebou op ‘n roete waar olifante al dekades langs loop. Die olifante loop steeds die pad – nou regdeur die gastehuis tot gaste se verbasing en kuier heerlik tussen die maroelas!

https://www.youtube.com/watch?v=7C6fD-yOuP0

9. Olifantkalfies word normaalweg gespeen op een of twee jaar maar mag dalk nog melk by hul ma’s soek tot op vierjarige ouderdom.

10. Olifantkoeie wat in ‘n olifantgesin ingebore word sal in die gesin aanbly tot hul vrek. Olifantbulle verlaat die gesin sodra hulle seksueel volwasse geword het.

• Kom kuier saam met Laevelder se Pen in my Hand Boekklub op Donderdagaand, 8 Desember 17:30 vir 18:00 in die PNA-winkel in Crossing, Madiba Rylaan, Mbombela. Bob Preller bespreek sy boek (soos hierbo aangehaal) met Laevelder se omgewingsverslaggewer, Elize Parker en vertel anekdotes oor sy lewe saam met olifante. RSVP: marketing@lowvelder.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button