Local newsNews

Blink toekoms wink vir dié plaaslike kunstenaar

Dinge is besig om te gebeur vir plaaslike kunstenaar, Coenie Naudé. Hy is onlangs genooi om sy eerste mini-album by Van Coke Studios, wat aan die musikant, Francois Van Coke behoort, op te neem.

Naudé het Vrydagaand restaurantgangers vermaak by die i’langa Mall piazza buite Doppio Zero en Panarottis.

Bedags is hy ‘n musiekonderwyser by Nelspruit Primary School en het verlede jaar net die regte mense op die regte plekke ontmoet om die geleentheid vir die album los te slaan.

Naudé sê hy is gereed om die eerste enkelsnit, waarin Danie du Toit van Spoegwolf gehoor gaan word, op te neem.

ALSO READ: Liefdadigheid én leed by Barberton DBV

“Daardie deposito is reeds betaal, so dit gaan relatief goed sover, maar ons kort natuurlik nog ‘n paar rand om die hele album te kan opneem.”

Marlet van Wetten van Small Town Music is een van die mense wat Naudé help om sy droom te bewaarheid. Toe sy hom sien optree by die Lowveld Beerfest verlede jaar, sy geweet hy is spesiaal.

“Coenie is plat op die aarde en baie vriendelik. Ek is bly ek het ‘n klein rol gespeel in sy droom. Ek weet hy sal hierdie geleentheid gebruik en ‘n sukses daarvan maak,” het Van Wetten gesé.

Sou jy graag vir Naudé wou help sy droom te verwesenlik, besoek www.quicket.co.za/fundraisers/120776-maak-vir-coenie-famous/ of jy kan ‘n e-pos stuur aan coenienaudeartist@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button