Storm los toe Rocco de Villiers Witrivier besoek
Rocco de Villiers was op 5 November by Sip Coffee Café & Deli in Witrivier.
Kompleet met ‘n blink blou broek en ‘n netjiese wit baadjie, afgerond met skitterende krale, het Rocco de Villiers sy gehoor betower én laat skater.

Sip Coffee Café & Deli is sedert Augustus al ‘n jaar lank deel van die Witrivier-sakesentrum en Vrydagaand was die derde keer wat
De Villiers inwoners by dié kafee vermaak het.

Elke lied op die klavier is voorafgegaan deur die storie agter die skrywe daarvan, en dié het gewissel van humoristies tot hartseer.
Die eienaar van die kafee, Lynn-Marie Nienaber, sê ten spyte van die onweer wat hulle tafelplasings ietwat van ‘n uitdaging gemaak het, het sy ‘n baie goeie span wat vinnig die situasie beredder het.

LEES OOK: Bietjie fees, maar gróót gees
“Alles was 100% en die tafelplasings en tafelnommers was reg, toe waai die wind 90% van die tafels alles onderstebo.”

Dit het al ‘n vorige keer ook gebeur toe De Villiers daar opgetree het, en sy beskou dit nou al as ‘n tradisie om amper uit te reën wanneer hy daar kuier.

Daar was al ‘n paar ander bekendes ook op die Sip-stoep, asook gin- en wynproeaande en ‘n sjampanje-en-nougatkeuring.
Volgende aan die beurt op 19 November is Wynand en Chereé.



Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
