AdvertorialBusinessNews

Ons hou weer fees in Mbombela

Bietjie-bietjie-Bos van 1 tot 5 Desember bied jou 'n ietsie van al die heerlike sien- en doengoed wat jy gewoonlik by die Standard Bank Innibos-fees geniet, met al die lekker Innibos-gees daarby!

Musiekkonserte by Bergvlam:

• Vrydag 3 Desember: Kliphard kykNET Konsert
Met Francois van Coke, Elandré Schwartz, Robbie Wessels, Spoegwolf, Coenie Naudé en 0260
Prys: R220

• Saterdag 4 Desember: kykNET Bietjie-bietjie-Bos Konsert
Met Snotkop, Karlien van Jaarsveld, Rooksein, Karen Zoid, Pieter Koen en Anne Mari
Prys: R220

• Sondag 5 Desember: Kersloffees
Met Germandt Geldenhuys, Jannie Moolman, Chris Else, Wynand en Chereé Strydom en Leon Ferreira
Prys: R50

Die hekke na die feesterrein open om 16:00 op Vrydag, Saterdag en Sondag. Daar is ’n aantal uitsoekkunsmark- en -kosstalletjies, ‘n gratis speelplek vir die kinders en ‘n kuiertent vir drinkgoedjies! Bring jou eie kampstoel as jy kan! Parkering op die feesterrein is ingesluit by jou kaartjie!

Honger vir drama?

Daar is dramaproduksies in die Mbombela Stadsteater en ook spesiale vertonings van Groet die grotman 2 in die Sudwala-grotte.

Leefstyl, boeke en kuns

Daar word ‘n interessante wynproe, ‘n MUD-grimeringsmeersterklas en oulike handwerk-werkwinkels aangebied. Dan is daar ook nog boekbekendstellings, ’n kunsuitstalling, ‘n straatparade en die interessante Kasi Experience waar jy Afrika-kos en -kuns kan beleef! Die volledige program is by www.innibos.co.za.

Covid-19-regulasies sal streng by alle venues nagekom word.

Kry jou kaartjies hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button