Local newsNews

kykNET Bietjie-bietjie-Bos Konsert laat voete brand en stemme weerklink

Van die grootste sterre in die Afrikaanse musiekbedryf, onder andere Pieter Koen, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Bok van Blerk, het die skare voluit laat dans en sing met hul vertonings.

Die feesgangers het op Saterdag 4 Desember die bekende gevoel van ‘n hoofkonsert by die Innibos-fees weer beleef toe die kykNET Biejie-bietjie-Bos Konsert die top kunstenaars van die land ontvang het met hulle treffers.

     

Dit was die tweede aand van vanjaar se Bietjie-bietjie-Bos-fees op Hoërskool Bergvlam se rugbyveld, waar uitstekende talent, smaaklike kos en verfrissende drankies beskikbaar was. Die bywoners kon hulself vermaak met die kleurvolle stalletjies op die feesterrein wat hulle gelok het met hul kreatiewe kuns en kos.

LEES OOK: Kliphard kykNET Konsert laat feesgangers behoorlik dans

Die sanger en vermaaklikheidster, Pieter Koen, het die skare verwelkom na gistraand se konsert en die gehoor vasgenael gehad soos hy elke talentvolle sanger bekendgestel het. Die musiekgroep Rooksein het die aand afgeskop met hulle eerste vertoning by die Innibos-fees. 

Die plaaslike sangeres, Anne-Mari, het ook geleentheid gehad om die skare te betoor met haar kragtige stem voordat Karlien van Jaarsveld opgetree het. Die skare was al opgewarm vir Karlien en het met groot opgewondenheid Snotkop op die verhoog verwelkom.

LEES OOK: ’n Fees van boeke en sang by Bietjie-bietjie-Bos

Snotkop het glad nie teruggehou nie en het seker gemaak die feesgangers brand energie deur saam hom te sing en dans. Bok van Blerk het soos ‘n ruiter op die witperd die verhoog betree toe hy ingestem het om Karen Zoid op die laaste minuut te vervang. Die talentvolle sanger het die skare weer eens herinner wat ‘n trots dit is om Afrikaans te wees.

Op Sondag 5 Desember is dit tyd vir die Kersloffees wat gratis is. Kunstenare soos Jannie Moolman, Chris Else, Germandt Geldenhuys, Leon Ferreira en Wynand en Chereé Strydom sal die hoofverhoog betree met lofsang. Die hekke maak om 16:00 oop. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button