Ondernemings span saam vir bloedbank
'n Onlangse Bleedathon het 50 eenhede bloed aan die bloedbank besorg.
Die bloedbank het Sondag ‘n totaal van 50 eenhede bloed ontvang tydens hul Bleedathon by Eagle’s View Play Park.
Hierdie was egter nie sommer net enige normale skenkingsproses nie; daar was ‘n strawwe kompetisie aan die gang tussen vier spanne om te kyk wie die meeste bloed geskenk kon kry.

Die spanne was Bleed for Isak, Citybug, Eagle’s View en SmartStone.
LEES OOK: Polisie vra hulp met identifikasie van kalwers se eienaar

Die einde was naelskraap, maar SmartStone het eindelik met die wisseltrofee weggestap. Die onderneming het 19 eenhede bloed geskenk, met Citybug kort op hul hakke met 16 eenhede. Bleed for Isak het dit reggkry om by 11 eenhede uit te kom terwyl Eagle’s View vier eenhede geskenk het.

Anel Fincham van die bloedbank het gesê hierdie laaste tydjie voor die feesseisoen is vir hulle baie belangrik, sodat daar genoeg voorraad is om hulle deur Desember te hou. Sy het ook enige gewillige skenkers herinner dat hulle by beide i’langa Mall en The Grove kan gaan bloed skenk as hulle nie by die Bleedathon kon uitkom nie.





Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
