Local newsNewsNews

Komitee maak gereed vir volgende Geloftefees

Ter viering van Geloftedag het talle Laevelders Donderdag vir 'n diens by die NG Kerk Nelspruit-Suid, gelei deur ds. Louis Kirstein, bymekaargekom.

Na afloop van die diens is daar eet- en drinkgoed geniet, en die huidige Nelspruit Geloftefeeskomitee het van die geleentheid gebruik gemaak om nuwe lede by hul geledere te voeg. Jong Voortrekkers was ook by die verrigtinge betrokke.

Ds. Louis Kirstein, Cobus Riekert en Andries Human.

Cobus Riekert het verduidelik dat hulle ‘n bietjie nuwe bloed nodig het om volgende jaar ‘n volledige Geloftefees te reël, in plaas van net ‘n een-dag-affêre.

LEES OOK: Vloed van 20 jaar gelede onthou

“Daar was ‘n goeie opkoms, en die nuwe persone het goeie idees om die fees volgende jaar beter te bemark.”

Bome op die kerkterrein is met Bybelverse bedek.

Die nuwe lede is Deon Meyer, Alma Pieterse, Hannes van Wyk sr., Gerhard Lourens, Miranda Wolmarans, Andries Human en ds. Thys Lourens.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button