Local newsNewsNews

Seepborrelvermaak vir hele gesin by Mustangs

'n Dag van pret en plesier het verlede Donderdag vir elkeen voorgelê wat by Mustangs - The Dancing Place ingestap het.

Dié kuierplek het ‘n BraaiProp Familiedag met talle aktiwiteite, veral vir die jongspan, aangebied.

Die jongelinge kon hul eie pizzas bou, in die kinderspeelarea baljaar en ook lekker amok maak in die skuimkasteel. ‘n Mens kon jou amper al verbeel dis Kersfees soos hulle uit die kasteel gepeul het; klein Kersvadertjies met wit skuimbaarde en hare.

Dylan, Roelof, Chantel en Hanco Faurie.

Dit was oudergewoonte die skuim van ‘n yskoue bier by die beer pong-tafel, wat die aandag van die ouer garde onder andere getrek het.

LEES OOK: Vloed van 20 jaar gelede onthou

Ian Swanepoel en Michelle Taljaard.
Shelby en Riaan Wolmarans.
Ben Bezuidenhout, Guava Prinsloo en Hennie Bekker.
Xavian Swanepoel.
Chanté Prinsloo en Bronwyn Bezuidenhout.
Hanco en Dylan Faurie.
Bronwyn Bezuidenhout en Chante Prinsloo.
Xavian Swanepoel.
Stella Scholtz.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button