Ervaar die Onderberg met dié Facebook-blad
Die Onderbergers se Facebook-groep is een waar die lede nie net deur plaaslike advertensies toegegooi word nie, maar waar die streek en sy mense daagliks gereflekteer word.

Ofskoon die invalshoek oorwegend op Onderbergers Afrikaans is, maak die groep voorsiening vir inligting uit die Onderberg wat op almal en alle groepe van toepassing is.

Buiten genoeg skole-, kerk- en gemeenskapsnuus, word jy daagliks getrakteer met mooi foto’s tipies van dié streek. Sien ook gereeld foto’s en feite uit die verlede onder die opskrif “Doerietyd in die Onderberg” of antwoord die vraag “Waar in die Onderberg?”, waar foto’s van minder opvallende hoeke en plekke gewys word.

Sluit vandag nog op Facebook aan en wees op die uitkyk vir ons vrolike blou titelblad met die kenmerkende silo’s by Kaapmuiden wat jou welkom heet.

LEES OOK: Rusoord sluit jaar met geliefdes af
So is almal welkom om enige nuus, aankondigings, gebeure en inligting self te deel of om ook mooi foto’s – verteenwoordigend en tipies van ons besonderse omgewing – self hier te pos.

Onderbergers het ook ‘n stewige verbintenis met Corridor Gazette en baie van die leidrade wat hier gevind word, word ook opgevolg vir plasing in dié koerant wat jy hier in jou hande het.

Meegaande is van die foto’s wat al hier geplaas is om ‘n beeld tipies aan ons streek aan sy inwoners en besoekers te bied.





Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
