Komatipoort Akademie duik kop eerste die jaar in in!
Komatipoort Akademie skop die jaar af met die deelname aan die Mpumalanga Interprovinsiale Tweekampkampioenskap op Saterdag 8 Januarie by Hoërskool Rob Ferreira.
Tweekamp behels kortafstandswem en middelafstandhardloop, en is ‘n gesinsport vir oud en jonk van beide geslagte.
Atlete van regoor Mpumalanga en Limpopo het deelgeneem.

Komatipoort Akademie se atlete was Jaco Botha (o. 8), Danika Steyn en Corné Botha (o. 11), Christn Engelbrecht (o. 15) en Kobus Lourens (o. 19).
Twee van die skool se atlete was in die top drie van die byeenkoms; beide Jaco en Kobus het ‘n derde plek behaal.
LEES OOK: Rusoord sluit jaar met geliefdes af
Behalwe vir die leerders van Komatipoort Akademie, het Handré van der Merwe van Komatipoort ook aan vereistes voldoen. In totaal was dit ses atlete van Komatipoort wat deelgeneem het.
Die atlete van die skool sal aan die SA byeenkoms in April deelneem.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
