Local newsNewsNews

Elke dag is ‘n tree nader aan beterskap jongman ná motorongeluk

Karel "Kallie" Greef het ná sy motorongeluk op 1 Oktober elke dag as 'n nuwe uitdaging om vir meer te streef, aangepak.

Die 20-jarige se eerste hoofstuk tot herstel het 12 weke geduur vandat hy vroeg in Oktober in Nelspruit Mediclinic opgeneem is, totdat hy M-Care op 6 Januarie verlaat het.

LEES OOK: Young man soldiers on despite losing mobility in accident

Greef het sy nek gebreek en sy ruggraat in ‘n motorongeluk beseer wat tussen Witrivier en Hazyview op die R40 plaasgevind het. Hy het saam met vriende gery en op die agterste sitplek geslaap. Die motor is van die pad af. Toe hy wakker word, was dit pikswart om hom en het hy het geen gevoel van sy nek ondertoe gehad nie.

Kallie Greef in die intensiewesorgeenheid saam met sy pa, Ferdi. Foto: Verskaf

Hy is na Mediclinic Nelspruit gehaas waar hy 12 dae in die intensiewesorgeenheid spandeer het. Greef het twee nekwerwels gebreek, ‘n rib gekraak, skade in die linkerlong opgedoen en sy ruggraat was in skok gelaat. Hy was verlam van sy nek af ondertoe.

Op 5 Oktober is daar op hom geopereer. Titaanplaatjies is in sy nek ingeskroef. Na 12 dae in die sorgeenheid het hy gevoel in sy arms, hoë rug en bors begin terugkry.

LEES OOK: Dis weer interhoërjaar by Nellies!

Greef is op 14 Oktober M-Care toe gestuur waar hy hulp van arbeidsterapeut Carla Richer en fisioterapeut Richa van Eck ontvang het. Krag-, balans- en bewegingsoefeninge was die drie belangrikste oefeninge waaraan die terapeute weke lank aandag aan gegee het.

Kallie Greef werk hard aan sy doel om onafhanklik te wees. Foto: Bartlo Nel

Greef het na die oefening en terapie amper volle beheer van die bors af boontoe herwin. Vandag bly hy nog getrou aan sy vordering deur drie uur ‘n dag te oefen. Hy gee nog steeds aandag aan sy werk as winkelbestuurder by Stihl in Hazyview; hy maak twee keer ‘n week daar ‘n draai om te kyk of die winkel steeds op standaard is.

LEES OOK: Geen verdagtes in hegtenis ná aanval buite wildtuin

“My missie nou is om soveel moontlik op my eie te doen deur sterker te raak. Ek kan net dankbaar wees dat dit met my gebeur het terwyl ek nog op ‘n jong ouderdom was, want die lewe het nog so baie deure vir my om oop te maak,” het Greef gesê.

Hy wag nog op sy spesiale rolstoel wat die familie vir hom bestel het sodat hy makliker kan beweeg.

‘n Fondsinsameling word op 28 Januarie vir Greef by Mbombela Golf Estate gehou, om die familie te help met die kostes wat hul medies nie kon dek nie. Die gholfdag vir Kallie is reeds vol bespreek.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button