Local newsNewsNews

NHS groet geliefde adjunkhoof en sy vrou

Met 'n groot glimlag en kalm geaardheid het Willie van der Merwe altyd gereedgestaan om NHS se ouers, leerders en personeel te dien. Nou lei sy pad hom Potchefstroom Gimnasium.

“Kollegas, dankie vir ‘n wonderlike 17 jaar wat ons hier by NHS gehad het. Dit was vir ons ‘n voorreg!”

Menige trane het gevloei toe Willie van der Merwe, die adjunkhoof van akademie, sy kollegas gegroet het.
Hy was ‘n toegewyde Nellie en ‘n leier by uitnemendheid. Sy kollegas het sy eerlikheid, pretensieloosheid en barmhartigheid hoog geag. Van der Merwe groet die Laeveld en hy gaan hom nou in Potchefstroom vestig, waar hy die leisels as die nuwe skoolhoof van Potchefstroom Gimnasium gaan oorneem. NHS se verlies is vir Gimmies ‘n groot wins.

As akademikus het hy sy passie in sy vakgebied uitgeleef. In die klaskamer sal hy beslis onthou word vir sy insig en briljante toepassing en verduideliking van fisiese wetenskappe. Oral waar hy gegaan het, het hy ‘n groot verskil gemaak.

LEES OOK: Steve Hofmeyr sing dorpie aan die brand

Hy was ook deel van die winterskool-projek vir gr. 12’s wat in 2017 van stapel gestuur is. Die fokus van hierdie winterskool was op die finale voorbereiding vir rekord- en eindeksamens gerig. Met hierdie inisiatief het NHS uitgereik om ‘n verskil in leerders se lewens te maak. Van der Merwe het hierdie projek gedryf, selfs gedurende die pandemie. Sy betrokkenheid by die skool het baie verder as die klaskamer gestrek. Op sy stil, bedaarde manier kon hy as jare lange matriekvoog wondere met leerlinge verrig.

Hy was ook vanaf 2006 to 2015 die senior koshuisvader by Huis Hermann Davin. Hier het hy die trotse tradisies van die seunskoshuis laat voortleef en die Bulle van integriteit en respek geleer.

Die netjiese skool- en sportterrein wat die skool se trots is, is ook deur Van der Merwe bestuur.

LEES OOK: ‘n Fees van trofees vir Laerskool Nelspruit

Met ‘n groot glimlag en kalm geaardheid het hy altyd gereedgestaan om ouers, leerders en personeel te dien.

Die skool groet ook vir Zandra van der Merwe. Sy laat ‘n groot leemte by die skool. Sy was verantwoordelik vir al die dataverwerking van die skool. Sy was ook hard aan die werk agter die skerms by die revue. Sy het jaarliks die groot taak van verhoogbestuur en kostumering behartig. Haar kantoor was vir al die personeel ‘n welkome toevlugsoord.

Sy afskeidswoorde aan die personeel: “Ek het baie by julle geleer en dankie dat ons saam baie nuwe aspekte in die skool se bestaan kon ontdek. Dankie vir die lekker lag en die gemaklike atmosfeer in die personeelkamer. Mag God julle ryklik seën op julle pad vorentoe. Ek salueer julle!”

LEES OOK: Lydenburg-hoof en -adjunkhoofde gearresteer om gees te vang vir interhoër

“Mnr. Willie, NHS salueer u as waardige palmtakdraer! Palmam qui meruit ferat,” sê die skool.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button