Nuwe Bergvlam VLR reg vir aksie
Die leerders se ouers het die voorreg gehad om hul kinders se balkies aan te steek en saam met hulle 'n foto te laat neem toe hulle die erekode onderteken het.
Bergvlam se verteenwoordigende leerlingraad is onlangs tydens ‘n trotse jaarlikse instelling ingehuldig.
Die inhuldigingsfunksie is op 8 Februarie om 18:00 in die saal gehou toe die 48 verkose leerders van gr. 8 tot 11 amptelik hul plekke op die raad ingeneem het.
LEES OOK: Innibos nog nie terug na pre-Covid-glorie, maar 2022 is definitief “Heeltyd Feestyd”
Hulle het hul balkies ontvang en die skool se erekode onderteken, waarna hulle die klokseremonie bygewoon het en elkeen die klok gelui het.

Anè Bekker (‘n onderwyser) het die hoof (Deon Visser), adjunkhoof (Org van den Berg), asook die personeel en leerlinge se ouers by die seremonie verwelkom.
LEES OOK: Twee koeëlpunte laat inwoners kopkrap
Visser het die seremonie toegespreek met ‘n inspirerende boodskap oor leierskap. Hy sê voor iemand ‘n leier is, gaan sukses oor hulle eie groei; wanneer iemand ‘n leier word, is sukses daaroor om ander te laat groei.

Die leerders se ouers het die voorreg gehad om hul kinders se balkies aan te steek en saam met hulle ‘n foto te laat neem toe hulle die erekode onderteken het.
LEES OOK: Ons Winkel vier vierde verjaardag
Die bestuurskomitee van die skool het die prosessie gelei en die klokseremonie is deur Bekker behartig. Daarna is die aand afgesluit met die sing van die Vlammie-lied.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
