Local newsNewsNews

AGS Witrivier vier 60ste bestaansjaar

Die AGS Witrivier-gemeente is amptelik op Sondag 11 Februarie 1962 gestig, wat vanjaar dus hul 60ste bestaansjaar maak.

Die AGS Witrivier-gemeente het nie sommer net gebeur nie, maar is mettertyd gebou. Aan die beginjare het dit maar moeilik gegaan – die feit dat die gemeentekas nie sterk genoeg was om ‘n voltydse pastoorspaar te dra nie, het daartoe gelei dat pastore gekom en gegaan het.

LEES OOK: Lydenburg-hoof en -adjunkhoofde gearresteer om gees te vang vir interhoër

Vir die eerste agt jaar het die lidmate konstant aan die fondamente van dié gemeente geskaaf en gebou. Vir die eerste 10 jaar was daar geen aanbiddingsplek nie en dienste is aanvanklik by van die lidmate se huise gehou; later het hulle by die munisipaliteit se M.O.T.H-saal vergader.

Dr. Isak Burger (emerituspresident van die AGS Kerk) en sy vrou, Heletia, saam met Belinda en Charles du Preez.

HJ Visagie het die perseel waarop die kerk tans staan, gekoop en aan die gemeente geskenk. Op 6 Januarie 1974 is daar begin bou en op 17 Augustus daardie selfde jaar is die saal voltooi en ingewy. Die kerkgebou is eers in 1976 voltooi.

LEES OOK: Steve Hofmeyr sing dorpie aan die brand

“Ons dank die Here vir ons voorgangers en vir hul harde werk en toewyding. Aan God al die eer vir hierdie wonderlike aanbiddingsplek,” sê die kerk.

Ds. Charles du Preez en sy vrou Belinda bedien nou al vir die afgelope 21 jaar dié gemeente.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button