Local news

So lyk van Laerskool Bergland se nuwe gr. 1-gesiggies

Watter gr. 1-juffrou sal nou nie bly wees oor 'n geskenkie nie? By Bergland is hulle behoorlik bederf.

Meer as een juffrou het ingenome huis toe gegaan nadat Laerskool Bergland op 11 Januarie sy graadeens op hul eerste dag verwelkom het.

Talle leerders het met ‘n tas in die een hand en ‘n geskenkie vir juffrou in die ander by die skoolhekke ingestap. Trane was daar maar, aan die ouers en jongelinge se kante, maar gelukkig was daar geen maskers om dié emosies weg te steek nie!

As alles vir hierdie maatjies volgens plan verloop, is hierdie die gesiggies van 2034 se matrieks.

LEES OOK: Haasbekglimlaggies by Laerskool Nelspruit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button