‘n Man is Vrydag doodgery toe hy gepoog het om die R40, naby Toyota, oor te steek. Hy was glo op pad om ‘n bus te haal toe hy deur twee motors getref is. Dit is volgens die bestuurder van die afleweringsvoertuig waaronder hy beland het.
Volgens hom het hy gesien hoe die slagoffer deur ‘n kar wat ‘n kortkoppie voor hom gery het, getref is. Beide voertuie was in die rigting van Witrivier na Mbombela onderweg.
Volgens die bestuurder het die voetganger toe onder sy trokkie beland. Hy het gesê hy het probeer stop, maar die man se liggaam is byna 30 meter onder die voertuig saamgesleep.
Lees meer in Woensdag se Nelspruit Post.
Lees hier oor ‘n soortgelyke voorval wat vroeër die jaar op dieselfde plek gebeur het.
