Editor's choiceHard newsNewsBreaking News

NUUSFLITS: Vrou helder oordag aangerand met vuurwapen

Die krag waarmee hy dit gedoen het, het die magasyn van die geweer laat uitgeval.

BURGERSFORT – ‘n Vrou van Kgopastraat in dié dorp is helder oordag buite haar huis aangeval.
Me. Lorraine van Wyk (47) het vanmiddag na werk huistoe gegaan. Sy het, na wat verneem word, haar hond gaan oopmaak en na buite gegaan om die watermeter te lees.
‘n Man in donker klere met ‘n baklava oor sy gesig het haar op die trappe van haar huis ingewag en haar, sonder om ‘n woord te sê, met ‘n geweer teen die kop geslaan. Die krag waarmee hy dit gedoen het, het die magasyn van die geweer laat uitgeval.
Sy het ‘n kierie wat op die stop gelê het gegryp en die verdagte daarmee geslaan. Hy het egter die kierie by haar gegryp en haar toe daarmee aangeval.
Hy het daarna met haar kar- en huissleutels op die vlug geslaan. Van Wyk se bure se honde het aanhoudend geblaf, toe het die bure ondersoek ingestel en haar op die stoep gevind, bebloed.
Sy is na ‘n nabygeleë kliniek geneem vir behandeling. Sy is stabiel en het twee kopwonde opgedoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button