Hard newsNews

Huis inbraak

"Dit wat hulle gespuit het, het 'n wit poeierlaag op die mure nagelaat," vertel Christelle Crause.

BURGERSFORT – “Soos ‘n dief in die nag” is nie net spreekwoordelik nie.

Die Crause-gesin het verlede Dinsdagnag rustig geslaap terwyl skelms hul huis leeg-gedra het.

Die gesin woon in Aloe Ridge-wes. Die boewe het kort na middernag ‘n kamervenster oopgebreek en ‘n soort gas

in die huis gespuit wat hulle glo, hulle bedwelm het.

“Dit wat hulle gespuit het, het ‘n wit poeierlaag op die mure nagelaat,” vertel Christelle Crause.

“Die boosdoeners het die voordeur oopgesluit en huisware en toerusting uitgedra. Hulle het die sleutels van die motors gevind en alles wat hulle wou steel in ‘n groen Citi Golf gelaai. Ons vermoed hulle het die kar by die hek uitgestoot en hom op die hoek van die straat aangesluit en weggery.”

‘n Saak is by die polisie geopen en vingerafdrukke is geneem. Die gesteelde kar is later die week ‘n paar keer in Steelpoort gewaar, maar elke keer voor die owerhede kon toeslaan, het hulle weggekom. Die motor se registrasienommer is CYF 418 L.

Die eienaar van die voertuig, Willie Jacobs vra dat enigiemand wat die voertuig gewaar, onmiddellik die polisie in kennis sal stel. Afgesien van die kar, het die diewe ook met elektroniese goedere onder andere TV’s, ‘n klanksisteem en klere weggekom.

Die huisgesin vrees nou vir hulle veiligheid omdat daar sedert die voorval elke aand iemand by die kompleks se hek was om moeilikheid te maak. Die gesin wil graag Group 1-sekuriteits-maatskappy bedank vir hulle vinnige reaksie en flinke diens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button