Hard newsSensitive Content

Gru-ongeluk eis pa en seun se lewens in Witrivier

Nooddienste is onmiddellik na die ongelukstoneel in Witrivier ontbied, waar ’n pa en sy 18-jarige seun tragies om die lewe gekom het.

Na ’n opwindende dag langs die rugbyveld tydens die Danie Rossouw-week, is Werner Rossouw en sy seun, Ben (18) se lewens op pad huis toe wreed kortgeknip in ’n motorongeluk.

LEES OOK: Jong pa sterf in gru-botsing op R40 naby Witrivier

’n Familiewoordvoerder het aan Laevelder bevestig dat die ongeluk by die kruising van Hennie van Tilstraat en Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan in Witrivier plaasgevind het. Beeldmateriaal, wat deur Laevelder gesien is, wys duidelik hoe ’n Isuzu-bakkie by dié kruising van die hoofstraat oor ’n rooi verkeerslig ry en teen die pa en seun se Volkswagen Polo bots.

Die Volkswagen Polo op sy dak.

Die impak van die ongeluk was groot en het die Volkswagen op sy dak laat draai.

Mediese nooddienste is onmiddelik na die toneel ontbied en die bestuurder van die Isuzu is na Rob Ferreira hospitaal geneem. Uit respek vir die familie en die sensitiwiteit van die beeldmateriaal, het Laevelder besluit om dit nie te publiseer nie.

LEES OOK: Laeveld-legende, Wimpie Strydom, sterf

Laevelder het navrae aan die polisie gestuur, maar het nog geen antwoord ontvang teen die tyd van publisering nie.

Laevelder het ook die familie genader vir kommentaar, maar weens die hangende ondersoek het hulle versoek om nie enige kommentaar te lewer nie en die begrafnisreëlings is ook nog nie bekendgemaak nie.

Hierdie is ’n ontwikkelende storie. Laevelder sal sy lesers op hoogte hou namate meer inligting beskikbaar word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button