Hard newsLocal news

Laeveld-legende, Wimpie Strydom, sterf

Wimpie Strydom se ma vertel dat hy 'n liefdevolle en Godvresende man was wat vir sy familie geleef het.

Wimpie Strydom (39), die voormalige eienaar van Elmadré Slaghuis, het Dinsdag 18 November by sy huis in Pretoria aan ’n hartaanval gesterf.

Ebert, Wimpie en Danie saam met hulle ouers, Marianna en Rassie Strydom.
Ebert, Wimpie en Danie saam met hulle ouers, Marianna en Rassie Strydom. > Foto: Verskaf

Sy ma, Marianna Mulder, het die voorval aan Laevelder bevestig.

“Hy het Dinsdag sleg gevoel, badkamer toe gegaan, en toe ’n hartaanval gehad,” het Mulder verduidelik.

Sy skielike afsterwe het die familie en die Laeveld-gemeenskap in rou gedompel.

LEES OOK: Huurder se honde glo verantwoordelik vir Ohrigstad veteraan se dood

Strydom en sy gesin het einde Julie vanjaar na Pretoria verhuis. Hy en sy vrou, Lou-Ann, het saam sy nuwe besigheid, Elmadré Catering & Events, gestig. Volgens sy ma was daar ook reeds planne om ’n vleisfabriek te bou net voor sy dood. “Hy was veral lief om biltong te maak en te spesialiseer in worsmaak vir die nismark,” het sy vertel.

“My kind het swaar gekry ná sy pa se afsterwe en het op ’n nuwe begin besluit nadat die slaghuis verkoop is,” het Mulder erken.

Met groot hartseer en trane het sy gedeel dat sy vertroosting vind in haar seun se lig en liefde wat hy met ander gedeel het.

Rassie en Wimpie Strydom.
Rassie en Wimpie Strydom. > Foto: Verskaf

“My seun was die sonskyn, braaier en Godvresende man wat vir sy Koning en familie geleef het.”

Strydom was die middelkind van sy twee broers, Ebert en Danie. Hy het saam met sy pa in Elmadré Slaghuis gewerk voor sy pa se afsterwe op 25 Februarie 2023. Sy ma het verder vertel dat hy as kind vakansies saam met sy pa in die slaghuis gewerk het. Die slaghuis was ’n bekende plek waar talle Laevelders hul vleis en biltong gekoop het.

LEES OOK: Veteraan naby Ohrigstad wreed deur honde verskeur

Strydom laat sy drie seuns, sy vrou, sy ma en sy twee broers agter.

Lou-Ann en Wimpie Strydom wen beste biltong prys in 2022. > Foto: Facebook
Lou-Ann en Wimpie Strydom wen beste biltong prys in 2022. > Foto: Facebook

Begrafnis reëlings in nog nie bekend gemaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button