EntertainmentLifestyleLocal newsNews
Hoender en Prawns aand by die Rolbalklub
Almal wat lief is vir rolbal en die wat lief is vir eet, kan gerus op 28 Februarie ‘n draai gaan maak by die Rolbalklub.

BARBERTON – Almal wat lief is vir rolbal en die wat lief is vir eet, kan gerus op 28 Februarie ‘n draai gaan maak by die Rolbalklub.
Die vriendelike lede het besluit, om vir ‘n minimale bedrag, ‘n heerlike hoender en prawns aand aan te bied.
Besighede is welkom om ‘n span in te skryf, en kaartjies beloop R100 vir volwassene en R50 vir laerskool kinders en jonger. Hierdie bedrag sluit die ete in.
Na afloop van die middag se rolbal, sal die ete aan die beurt kom.
Vir verdere inligting kan die volgende mense gekontak word: Anne-Marie Van der Ham 082-7166-068 / Hekkie Horn 071-1716-764 / Marie Saayman 072-2686-894.
