Local newsNews

Onwettige gefuif laat ‘n nare nawerking op parkeerterrein

Drankbottels word oor die gebied gestrooi, bierblikkies hoop tussen die plante op en allerhande ander gemors word agtergelaat wat die plek in 'n varkhok verander.

Daar word Vrydagaande op die parkeerterrein by Pick n Pay en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)oorkant die Crossing-sentrum hard gekuier. Drankbottels word oor die gebied gestrooi, bierblikkies hoop tussen die plante op en allerhande ander gemors word agtergelaat wat die plek in ‘n varkhok verander.

Dié swak gedrag kom glo van ‘n groep mense wat van oraloor bymekaarkom om die aanbreek van die naweek met harde musiek en sterk drank onwettig te vier.

Volgens me. René Grobbelaar van Centro Property Group, die eienaars van die sentrum, sit sy ook met haar hande in die hare.

“Die meeste mense wat daar drink, is in pakke geklee en wanneer ek probeer om hulle weg te jaag, sê hulle dat ek liewer moet loop. Ek is magteloos,” het vertel sy.

Sy het ook genoem dat die probleem so gou as moontlik opgelos moet word, maar dat die polisie nie aandag daaraan gee nie.

“Ek moes my eie sekuriteitswag aanstel. Dinge het verbeter, maar nou lyk dit vir my of dit weer erger gaan word.”

Dit is ook vir die publiek ‘n bron van ergernis. Hulle vind dit heeltemal onaanvaarbaar dat SAID en Pick n Pay toelaat dat hierdie partytjies so hand uitruk. “Dit is ‘n groot gemors as hulle elke Vrydag teen 15:00 aan die drink gaan. Die meeste van ons wil nog inkopies doen, maar dan kom hulle met hul karre of minibustaxi’s en klipharde musiek en neem die parkeerterrein oor,” het ‘n anonieme werknemer gesê.

Dit is baie gerieflik dat daar ‘n drankwinkel in dié winkelsentrum is. Hulle koop dit daar en dan vloei dit vrylik. Volgens ooggetuies is dit boonop duur spiritualieë wat by hierdie onwettige samekomste gebruik word. “Hulle geniet hul duur hardehout soos Jack Daniels en Johnny Walker en kuier dan tot in die vroeë oggendure.”

Volgens ooggetuies doen die polisie niks aan die saak nie omdat hulle geïntimideer word.

“Daar is maklik 150 mense wat daar saamtrek. Een polisieman gaan geen verskil maak nie. Die getalle is net te groot,” het ‘n ander anonieme klaer gesê.

“Dis tipiese intimidasietaktiek van die meerderheid. Hulle sit openlik en drink en ‘n mens voel nie meer veilig daar nie,” het ‘n ander gefrustreerde winkelklant gemaan.

Nelspruit Post het ook by die parkeerwagte gaan uitgevind of hulle van die partytjies weet, maar hulle het gesê dat hulle van die petalje onbewus is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button