Local newsNews

Plaaslike skrywer se boek op rakke

Om elke hoek en draai in haar huis lê daar 'n boekie waarin sy idees neerskryf.

MBOMBELA – Sy het nooit die moed gehad om ‘n boek te skryf nie, maar nou word een van Sterna Kruger se boeke in Amerika gepubliseer en dit sal binnekort hier op die rakke verskyn. Unexpected Partners is die derde boek van ‘n reeks. Sy het twee jaar daaraan gewerk en gaan nou voltyds op haar skryfloopbaan konsentreer. Die karakters in haar boeke word deur mense wat sy ontmoet, geïnspireer. “Soos ek skryf, vorm ek hierdie karakters,” vertel Kruger. Sy’s ook ‘n regte boekwurm en is lief daarvoor om navorsing te doen. Een ding waarsonder sy nie kan lewe nie, is ‘n notaboek. Om elke hoek en draai in haar huis lê daar ‘n boekie waarin sy idees neerskryf.

Die boek gaan oor Hayley Mccalister, ‘n vasberade vrou wat gereedmaak om haar pa se posisie in sy besigheid oor te neem. Met ‘n paar pragtige groen oë het sy ‘n belofte gemaak dat geen man ooit haar hart sal sagmaak nie. Tot die dag wat Shay Marascino haar voete onder haar uitslaan. Wanneer daar ‘n skokkende geheim aan die lig kom, word alles wat Hayley gehad het, verwoes.

Kruger skryf net in Engels al is Afrikaans haar moedertaal. Haar teikenmark vir die boek is lesers tussen die ouderdom van 18 en 85.

“Die boek was die eerste een wat my man al ooit in sy lewe gelees het,” skerts sy. Wanneer sy nie skryf nie, spandeer sy kwaliteittyd saam met haar gesin op hul plaas net buite die stad.

‘n Tragiese ondervinding in haar lewe het haar laat besef dat sy voluit na haar droom moet strewe en moet ophou om bang te wees. Sy sê ook dat sy darem nog nie uit idees gehardloop het nie. Dié boek sal teen die einde van die maand by Exclusive Books beskikbaar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button