EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Nuweling laat haar merk in vele harte

Tash, soos wat sy deesdae op die verhoog bekendstaan, is reeds 'n bekende gesig by Stoep ondanks die feit dat sy nou slegs 'n jaar in Mbombela woonagtig is.

‘n Nuweling op die stad se vermaaklikheidsfront het Vrydagaand haar debuut voor ‘n volgepakte Stoep gemaak.

Tash, soos wat sy deesdae op die verhoog bekendstaan, is reeds ‘n bekende gesig by Stoep ondanks die feit dat sy nou slegs ‘n jaar in Mbombela woonagtig is. “Ons het haar telkemale opgemerk tydens ons oop-mikrofoon-optredes op Woesdagaande, en haar die platform gebied om haar passie uit te leef en sodoende haar selfvertroue op te bou,” sê Elsabé Malan, mede-eienaar van Stoep. Selfvertroue is volgens Tash iets wat sy nie baie van het nie. “Ek sing al vandat ek 14 is opera, en soos ‘n mens ouer word, verander jou stem en ek moes daarby aanpas,” sê sy.

Dit sê sy het ‘n bydae tot haar stresvlakke wat deur die dak skiet as sy ‘n verhoog betree. Gelukkig het plaaslike kunstenaar, “Faf” so nou en dan tot haar redding gekom.

Tash het in Pretoria skoolgegaan en drama by die Universiteit van Pretoria studeer. Sy het deurentyd koor gesing, en vir vier jaar opera-opleiding by die welbekende sangonderwyser Ina Snijman ondergaan. “My stem het laer begin raak, en die feit dat ek vir ses jaar opgehou sing het, het sy tol op my singstyl begin eis,” sê sy. Hierna het sy begin sing wat die mense wil hoor, en niks maak haar gelukkiger as om ‘n gehoor te sien wat glimlag nie. Sy is deesdae ‘n voorstander van blues, country en soul. “Ek probeer om altyd iets nuuts te doen, en ek moet bieg, dit werk nie altyd nie,” het sy aan Laevelder vertel.

“Maar ek beplan om hierop te verbeter.” Haar senuwees en juis dit, het ongelukkig met haar eerste vertoning opgeduik. Maar, volgens die reaksie van haar aanhangers, het sy die potensiaal om nog diep spore in die Laeveld te trap.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button