Hard newsLocal newsNews

Drywer se wakker optrede voorkom dat dieseltenker op N4 by Ngodwana brand

'n Drywer wat bewus geraak het van 'n brand aan die agterkant van sy dieseltenker het vanoggend op die N4 naby Ngondwana waarskynlik sy eie en 'n paar ander lewens gered.

NGONDWANA – ‘n Heldedaad op die N4 op pad na Johannesburg naby aan Sappi se Elandsvlei-ingangshek by Ngondwana  het ‘n potensiële ramp verhoed toe die drywer van ‘n dieseltenker  kop gehou het toe die agterkant van die voertuig by die brandstofkleppe spontaan aan die brand geslaan het.

Kaptein Pieter Smit, bevelvoerder van SAPS Ngondwana, sê dat die drywer die trok en die waentjie van die pad af gestuur het en betyds uit die voertuig kon kom om oproepe te maak om die brand te blus. Hy is nie beseer nie en net geskok.tweet

“Ons weet nie wat die oorsaak kon wees dat die agterkant van die voertuig vlam gevat het nie,” het Smit gesê.

Die brandweerspan van Sappi Ngondwana was vinnig op die toneel gewees om die brandende voertuig te blus en te sorg dat die brand nie verder na die gronde van Sappi daarnaas versprei nie.

Verkeer was meer as twee ure op die pad staande gewees, maar is nou weer aan die vloei.

Mev. Elsabe Coetzee, kommunikasiebeampte van Sappi, sê dat die Sappi-brandspan vinnig op die toneel op die N4 was en sodoende die omgewingsrisiko’s kon assesseer en uitskakel. Die voorval het nie naby die meule of enige aflooppype daarheen gebeur nie.

“Daar was nie enige gevaar vir die meule nie,” het Coetzee bevestig.

Die diesel wat uitgeloop het is reeds skoon gemaak en padoppervlakte beveilig.

'n Brnad aan die agterkant van die tenker kon 'n groot ramp veroorsaak het maar die drywer het betyds afgetrek en die brand is geblus.
‘n Brand aan die agterkant van die tenker kon ‘n groot ramp veroorsaak het maar die drywer het betyds afgetrek en die brand is geblus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button