Prys skrik verbruikers nie af as dit by avo’s kom nie
Verbruikersnavorsing wys uit dat verbruikers verkies om los avo's te koop om te kyk of dit ryp is. Maar hoe toets jy of 'n avo ryp is? Sien hoe die komediant Suzelle die takie benader.

MBOMBELA – Prys is nie vir die meeste liefhebbers van avokadopere ‘n afskrikmiddel nie.
So sê navorsing wat deur Sylvia Jones van Lodestar Marketing Research gedoen is.
Die navorsing is voorgelê aan vrugte en neutboere tydens die onlangs bemarkingsimposium van Subtrop, die sambreelliggaam van subtropiese en vrugteboere.
Jones en haar span het ook bevind:
• Dat die meeste verbruikers avokadopere koop omdat dit goed proe en gesond is maar ook omdat dit ‘n maklike, voedsame produk is wat goed is vir jou hare en vel
• Mense het verskeie metodes om avokadopere ryp te kry soos om dit in koerantpapier toe te draai, in ‘n donker plek te berg, saam met piesangs te plaas of in mieliemeel te bêre
• Die meeste verbruikers verkies om eerder avokadopere los te koop as in pakkies sodat hul die rypheid kan bepaal
• Verbruikers glo die vrug beskerm sig en verlig arthritis
• Spesifieke resepte wat verbuikers in die navorsing aangegee het wys dat dit steeds in slaaie en op pizza verkies word maar ook vir vele ‘n heerlike snoepery op roosterbrood is en vir salsa gebruik word
