Christmas Carol Crawl ‘n onvergeetlike aand
Deelnemers wil dit weer doen in 2017.

MBOMBELA – Donderdagaand se Christmas Carol Crawl het die goeie en blye tyding van Kersfees helder deur die stad se strate laat weerklink.
Honderde Kersliedkruipers het om 18:00 by die NG Moedergemeente op die hoek van Bell- en Ferreirastrate byeengekom.
Elkeen het ‘n tuisgemaakte kersblaker by hom gehad en die groep het net voor donker die eerste tree op die 2,1 kilometer roete gegee. Die roete het van die Moedergemeente na die NG Kerk Nelspruit Suid gestrek. ‘n Klanksisteem met reuseluidsprekers is op ‘n gholfkarretjie gemonteer vanwaar die een Kerslied na die ander gespeel is. Hierdie musiek het die groep in hul lofsang gelei.
Die Moedergemeente se ds. Stephan van Greunen het die geleentheid met gebed geopen en die leraars van die Suidgemeente het gereed gestaan om stappers met hul aankoms te trakteer. Sangers Natascha C en Henry-John Williams, ook ‘n uitstekende pianis, het die groep by die eindpunt met liedere vermaak.
Daar is keurig-versierde kolwyntjies uitgedeel en koeldranke en worsbroodjies was te koop. Kersliedkruipers was dit eens dat dit ‘n ongelooflike ervaring was.
Oud en jonk het versoek dat dit volgende jaar weer gereël word.
- Stories deur hierdie joernalis:
‘n Hupstoot om jou deur 2016 te help
Why you are single and why you should be
Organiseerder me. Linda Pieters het aan Laevelder bevestig dat R2 820 ingesamel is deurdat stappers vrywillige donasies van R10 gemaak het.
Hierdie totaal is deur die ouditeurs van Stabilis geverifieer. “Dit sal aan die Greater Rape Intervention Programme (GRIP) geskenk word,” het sy gesê.
Was jy daar? Soek jouself op hierdie foto’s:












