Local newsNews

Amper tyd vir Chris Karsten se besoek aan die Laeveld

Op 7 Maart kom Karsten by Pen in my Hand gesels.

MBOMBELA – Die veel bekroonde skrywer en joernalis, Chris Karsten, besoek eersdags die Laeveld as deel van Laevelder se Pen in my Hand-boekegeleentheid.
Karsten, wat in Morgenzon in Mpumalanga gebore is, kom gesels op
7 Maart meer oor sy lewe as skrywer.

Vele fiksie- en nie-fiksieboeke het al uit sy pen gevloei, insluitend sy nuutse roman Koms van die Motman.

Sy nuwe roman word in Oktober vrygestel.

Karsten sê dat hy wel nie veel sal kan uitwei oor dié boek nie, behalwe dat dit ‘n “soort opvolg gaan wees op Seisoen van Sonde, een van my eerste spanningsverhale, waarin die hoofkarakter ‘n skoenlapperboer is”.

LEES OOK: Pen in my Hand maak reg vir Chris Karsten

Sy loopbaan as joernalis het hom ook beïnvloed en het gelei na die True Crime-reeks wat die stories agter vele Suid-Afrikaanse misdade vertel.

Hy nooi graag aanhangers van al sy boeke na die geleentheid uit en sê hulle is ook meer as welkom om boeke saam te neem indien hulle wil hê hy moet dit teken.

Die geleentheid vind by A Bica-koffiewinkel plaas. Kaartjies vir die geleentheid kos R50 en sluit ‘n aansitete in. Bespreek jou plek by die koffiewinkel by 062-422-6842. Dit begin om 18:00.

LEES OOK: ‘n Engel kom gesels, sing by Pen in my Hand

 
Back to top button