Local newsNews

Mustangs beplan groot dinge vir Desember

Mustangs - The Dancing Place hou op 10 Desember 'n binnenshuise pub crawl en sushi-aand.

Daar sal 10 stasies wees met verskillende shooters om van te kies.

Sjef Michael sal ook die aand daar wees om sushi te maak teen ekstra kostes. Die pub crawl-kaartjies kos R150 elk en sluit slegs die drankies by die 10 stasies in.

Daar sal ook ‘n gelukkige trekking wees waar die wenner met hul eie paar Grondpad Vellies kan wegstap.

Dan sal daar later ‘n musiekfees vir oud en jonk gehou word.

LEES OOK: Blink toekoms wink vir dié plaaslike kunstenaar

Op 15 Desember word ‘n opelugsokkie gehou waar die beste dansers ook vir ‘n paar Grondpad Vellies teen mekaar gaan meeding.

Die Rooibaard Braaidag word op 16 Desember van 10:00 tot 16:00 gehou en bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir kinders aan.

Daardie aand tree Jan Bloukaas en Dewald Wasserfall ook op.

Op 18 Desember tree Bernice West en Danny Smoke op, en op 19 Desember Leah en Snotkop.

Daar sal tydens die musiekfees kosstalletjies wees om van te kies.

Kaartjies vir die optredes kos R180. Die hekke maak om 17:00 oop en die vertonings begin om 19:00.

ALSO READ: Liefdadigheid én leed by Barberton DBV

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button