Local newsNews

Gholfdag ten bate van kerk geslaagd

Altesaam 54 gholfspelers het op Saterdag 6 November by 'n gesellige gholfdag ten bate van die Hervormde Kerk, Lydenburg, stokke geswaai.

Ten spyte van die snikhete dag, het die spelers by die Lydenburg Gholfklub steeds die spel geniet. Oudergewoonte het Nico Cross, ‘n bekende sakeman, as seremoniemeester by die prysuitdeling opgetree. Sy strikdas het bes moontlik bygedra tot die sukses van die veiling.

Japie Brits en sy kleinseun, Tiaan Brits, was die wenners van die dag.

Die wenners was Tiaan Brits en sy oupa, Japie Brits, met 51 punte. Die ander wenners was Mariëtte Laas en Thys Cronjé (tweede), Frans van Niekerk en Luhan Swart (derde), Paul Zorn en Jaco Barnard (vierde), Eileen en Veltie du Preez (vyfde), en Jaco Erasmus en Jaco van Rooyen (sesde).

Thys Cronjé en Mariëtte Laas het die tweede plek behaal. 

Wilma Griesel het die naaste-aan-die-pen gewen. Tiaan Brits, PP Malan en Corné Combrink het die langste drywe aangeteken. Die Hervormde Kerk bedank graag die Lydenburg Gholfklub, die kerk se reëlingskomitee en helpers, borge, donateurs en al die spelers.

Paul Zorn en Jaco Barnard het die vierde plek behaal.
Luhan Swart (foto) was saam met Frans Swart in die vierde plek.

Lees ook: Plaaslike okkerneutbedryf is op volle vaart

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button