Local newsNews

Pro-Life vier sy 10de verjaardag

'n Diereverjaardag soos min het op Saterdag Pro-Life se gronde oorgeneem, ten spyte van die hitte.

Dit was Pro-Life Pet Rescue, Rehabilitation and Adoption Agency se 10de verjaardag, en die fokus was uit en uit op die honde en katte wat heerlik bederf is.

Sebastian de Klerk, Ruan Kramer en Ignatius Prinsloo.

“Die mense moes kom en ons honde by Pro-Life vir ‘n stappie vat en hulle ‘n bederfie gee. Hulle kon die honde borsel as hulle wou; jy kan sien party klim in die water. Dis hulle verjaardagpartytjie, so hulle moet vandag bederf word; vanaand slaap hulle soos klippe,” het Karin Erasmus, die stigter van die organisasie, aan Laevelder gesê.

Michele Weideman.

Die stappery is ongeveer 11:00 halt geroep om te verhoed dat die honde warmte-uitputting kry.

Ozayne Nyathi, sy sussie Owethu, en Zion Simelane op haar skoot.

Aangesien die katte nie kan gaan stap nie, kon mense vir hulle gaan kuier en ook daar vir hulle ‘n eetdingetjie gee.

Charlotte en Frikkie van Rensburg.

LEES OOK: Twee beseer toe boom in die ry op hul motor val

“Dit was heerlik. Ons het ‘n fantastiese kinderarea hierdie jaar wat ons nie vroeër jare gehad het nie, so ek dink dit was oor die algemeen ‘n verskriklike sukses.”

Danny Fisher en Danny’s Angels.

Behalwe vir die diere bederf kon die mense ook tydens ‘n kompetisie ‘n kleim afpen om moontlik ‘n prys te wen of kaartjies koop vir ‘n uitloting. Daar was ‘n hele reeks pryse op die spel.

Karin Erasmus en Pro-Life se veearts, Jan Paul Lubbinge, help Gauch om ‘n bietjie af te koel.

Die organisasie het almal betrokke, van vrywilligers tot skenkers, bedank vir hulle hulp om die dag ‘n sukses te maak.

Marley van Wetten en Monique O’Reilly.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button