IN FOTO’S: Boeta spring en bult in Springbok-gees saam met Impi Warriors
Laeveld se eie legende ken van geesvang en steel weer eens harte.
Ons eie Laeveld-legende, Boeta Roux, is Saterdag trots saam met die Impi Warriors afgeneem.

Die oorlogskreet van die bekende “Impi”-lied van Johnny Clegg, het behoorlik die gees saam met die Impi Warriors aangewakker.

Die gespierde manne het ’n draai by die Westend SUPERSPAR-winkelsentrum gaan maak waar die Springbok-ondersteuners die kans gekry het om hulle van naderby te leer ken.
LEES OOK: Laeveld-ikoon Boeta vier 30ste verjaardag
@lowvelder Mbombela is a sea of green and gold! Springbok supporters got all fired up this morning at SPAR Westend, where the Impi Warriors brought the energy to life ahead of today’s big clash! Go Bokke! #impiwarriors #springboksupporter🇿🇦 #springboksrugby #mbombela #rugby #rugbyclash #mpumalanga🇿🇦 #gobokke🇿🇦 #rugbyspirit #southafricatiktok🇿🇦

Daar was ook ’n geleentheid om saam met die spiertiere afgeneem te word, en om in die regte bui vir die groot rugbykragmeting te kom.
LEES OOK: Mini-Bok kry held se toks én ‘n drukkie
Musa Marobyane was ’n plaasvervanger-Impi vir Daniel Matloha, wat Saterdag aan ’n ligaamsboukompetisie in China deelgeneem het.

Westend was ’n trui-see van groen en goud en die ondersteuners het tou gestaan vir die foto’s.
LEES OOK: IN PHOTOS: More than 36 000 fans spur Springboks on to victory
Hulle vriendelikheid en plat-op-die-aarde-houding was opmerklik en hulle positiewe gesindheid teenoor Suid-Afrika en die Springbokke was duidelik sigbaar.
@lowvelder Bok fans sing the national anthem along with Corlea Botha at Mbombela Stadium. #kickoff #ForeverGreenForeverGold #GoBokke #MbombelaStadium




