Local news

Lizz Meiring laat Mbombela-teatergangers skater in ‘Die Real Housewife’

Die gehoor het veral gelag toe Meiring spot met bekendes en hulle skandale.

Lizz Meiring, die beroemde aktrise van die gewilde sepie, Molly en Wors, het Donderdagaand, 23 Oktober, haar glinsterskoene saam met haar mikroskopiese Louis Vuitton-handsak aangetrek en op die verhoog by die Boulevard Teater in Mbombela verskyn.

LEES OOK: ‘Die Tas in Ponte’ klop aan dromers se deure

In haar nuwe solostuk, Die Real Housewife, blyk haar karakter se lewe amper perfek te wees, behalwe vir haar man wat haar nooit wil sien nie en sy verdagte besigheid.

Lizz Mering op die verhoog. > Foto's: Gia Radnai
Lizz Mering op die verhoog.

Haar karakter spot met huisvroue wat aan realiteitsprogramme deelneem en met hulle pronkerige lewens spog. Haar uitbeelding van ‘n blonde bom het die gehoor met haar skerp sin vir humor en snaakse woorde soos Tic-Tac in plaas van Tik-Tok, laat skater.

LEES OOK: Die Natsteen- en Boekenaweek was weer nommerpas

Meiring het ook die gek met bekendes geskeer, en hulle skandale wat in vandag se nuus die rondes doen. Die gehoor het veral gelag toe sy vertel van haar ‘oom Louis’ wat ‘n diamanthandelaar is en sy suksesvolle sakeonderneming.

LEES OOK: Nuwe teater in Mbombela met applous begroet

Henrica van der Merwe en Karen Mostert.

Haar toneelstuk het dieper gedelf oor wat eintlik agter hierdie vroue se vals naels en wimpers skuil – eensaamheid. Meiring het aan die einde van die toneelstuk ‘n prys aan die vrou in die gehoor wat die meeste kere getroud was, oorhandig. Sy het die teatergangers verseker dat hulle haar interessante feite na die tyd kan naslaan. Dit was die eerste keer wat Meiring haar nuwe solostuk by dié teater opgevoer het en sy hoop om volgende jaar ‘n draai by Innibos te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button