Local news

‘Die Tas in Ponte’ klop aan dromers se deure

Die kabaret Die Tas in Ponte vertel die verhaal van ’n jong sangeres se reis na selfontdekking en drome.

Die Tas in Ponte, Hillbrow, vol stories en ‘n sleutel tot volwassenheid, is vir die eerste keer Dinsdagaand, 23 September, by die Boulevard-teater in Mbombela opgevoer.

Die akteurs het die gaste by hulle aankoms verras toe hulle in ‘n outydse Jaguar daar aangekom het en vanaf die rooi tapyt tot op die verhoog die gehoor op ‘n reis na Die Tas in Ponte geneem het.

Bianca Swift loop op die rooi tapyt.
Bianca Swift loop op die rooi tapyt.

Die kabaret handel oor ‘n verhaal van ’n 21-jarige meisie wat haarself as jong sangeres in die vermaaklikheidsbedryf ontdek en probeer sin maak van haar verlede.

Bianca Swift.

LEES OOK: Toe die stof gaan lê, was net Innibos-lekkerness oor

Bianca Swift het die karakter Bibi vertolk en teenoor haar regte ma, Lasea, gespeel wat ook haar karakter se ma, Gigi, was. Beide die akteurs is amateurs en het van Pretoria af gekom om deel van dié vertoning te wees.

Lasia Swift.

“Ek het nog nooit enige drama- of sanglesse gehad nie,” het Bianca gedeel.

Dit was ook per toeval dat sy vanjaar 21-jaar oud word wat haar toneelspel nog meer geloofwaardig gemaak het. Bianca se stem het wel bewys dat sy, sonder enige sanglesse, op die verhoog hoort.

LEES OOK: Nuwe teater in Mbombela met applous begroet

Lasea Swift en Bertus de Bruyn loop op die rooitapyt.
Lasea Swift en Bertus de Bruyn loop op die rooitapyt.

Die regisseur, Bertus de Bruyn, het die teks geskryf en ook die verhoog weer na 30 jaar betree om Bianca se pa, Tobias, te speel. Sy inspirasie vir die teks het van sy liefde vir die gebou in Hillbrow gekom.

Bertus de Bruyn.

 

“Die gebou is bekend vir sy ronde ontwerp en was die hoogste residensiële gebou in Afrika,” het hy gesê.

De Bruyn het beklemtoon dat die produksie ‘n motiveringsboodskap oordra om mense aan te moedig om hulle ‘tasse’ in hul lewens oop te maak en hulle drome na te jaag.

LEES OOK: Mbombela Boulevard teater maak gereed om die gordyn te lig

“Maak nie saak of jy nie ‘n sukses van iets kon maak nie; doen wat jou gelukkig maak.”

Die groep het ook hulle borge, onder andere Rock Solid Sound Productions by die Promenade-sentrum bedank asook Innibos vir die rooi tapyt, Spring Rain Studio, Audi, Xclu Marketing, A Tua Casa, Swift Group en Tommy Klopper vir die leen van sy Jaguar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button