Local news

VIDEO: Engelstemme in Mbombela laat jou weer aan Kersfees glo

Die Kersproduksie het al die gaste se harte verwarm, en die vreugde van Kersfees was duidelik voelbaar tydens die vertoning.

Dit was Kersfees in Mbombela en as jy jou liefde vir hierdie tyd van die jaar verloor het, was die produksie, Hê ‘n hart vir Kersfees, net die regte doepa om jou weer daaraan te laat glo.

Die Nelspruit Lionsklub het Vrydagoggend, 5 Desember, van die plaaslike pensioenarisse met hierdie vertoning by die Boulevard Teater bederf voordat dit die aand weer opgevoer sou word.

Anecke Coetzer, Natascha C, Annemarie en Henry John Williams in aksie.
Anecke Coetzer, Natascha C, Annemarie en Henry John Williams in aksie.
@lowvelder Dis Kersfees in Mbombela! Hê ’n Hart vir Kersfees is ’n produksie met van die mooiste stemme en ’n storie wat jou diep in die hart gaan raak. Teks en musikale regie: Henry-John Williams. Met kunstenaars: Willie Strauss, Natascha C, Arina de Witt en Anne-Mari. Vanaand om 18:30 by die Boulevard Teater. #kersfees #christmas #silentnight ♬ original sound – Lowveld Media

Hê ‘n hart vir Kersfees, uit die pen van Henry-John Williams, wat ook die musikale regie hanteer het, was van uitsonderlike gehalte.

LEES OOK: Nuwe teater in Mbombela met applous begroet

Met bekende liedere soos “Kyk hoe glinster die maan”, “Stille nag” en “‘n Somerson Kersfees”, het die kunstenaars, Natascha C, Arina de Witt en Anne-Mari se engelstemme aan die verhaal gestalte gegee.

Helene Winterbach, Denise Goosen en Herman van Staden.
Helene Winterbach, Denise Goosen en Herman van Staden.

Die ewe bekende Willie Strauss was die storieverteller, terwyl Williams klavier gespeel het en Anecke Coetzer as violis opgetree het.

LEES OOK: ‘Die Tas in Ponte’ klop aan dromers se deure

Die lied, “Hê ‘n hart vir Kersfees”, wat ook die titel van die produksie is, is deur Williams geskryf en gekomponeer. Die lied word as meesterlik en traan-mooi beskryf.

“Die Nelspruit Lions Ladies bied jaarliks ‘n Kersoggendtee vir die senior burgers van die stad se ouetehuise aan. Hospice bied ook waardevolle ondersteuning. Ons gaste word met heerlike eet- en drinkgoed asook ‘n geskenkpakkie bederf. Hierdie spesiale oggend is moontlik gemaak danksy die volgehoue ondersteuning van ons borge: Laeveld Trust, Nelspruit Lionsklub, Sonpark-sentrum, Limetime-pendeldiens en 2CARE4 Water,” het Elmarie Schoonraad van die Lionsklub aan Laevelder gesê.

Een van die gehoorlede, Karen Labuschagne, was in vervoering ná die vertoning.

Rachel van der Lith, Ina Botha, Rose en Johan Maree.
Rachel van der Lith, Ina Botha, Rose en Johan Maree.

“Die lewe gaan so gou verby en as jy jou oë knip is nog ‘n dag, nog ‘n maand verby. As jy weer sien, is dit Desember. Die vertoning het my weer eens laat besef – tel jou seëninge. Dit kos nie veel om die telefoon op te tel en vir jou geliefdes wat ver is, te sê, ‘Ek is lief vir jou’ nie. Om te gee is baie lekkerder as om te ontvang. Laat elkeen van ons stil word en dankie sê vir al die voorregte wat ons daagliks ontvang en geniet,” het Labuschagne na afloop van die produksie gesê.

@lowvelder Dis Kersfees in Mbombela! Hê ’n Hart vir Kersfees is ’n produksie met van die mooiste stemme en ’n storie wat jou diep in die hart gaan raak. #Christmas #christmas2025 ♬ original sound – Lowveld Media

“Ek is dankbaar vir elke Laevelder wat die vertoning bygewoon het. Baie dankie aan die Lions wat die konsert vir die seniors moontlik gemaak het. My wens vir jou: mag jy dié Kersfees ‘n spesiale tyd saam met jou geliefdes ervaar en mag jy vanjaar ‘n hart vir Kersfees hê!” het Williams gesê.

Willie Strauss.
Willie Strauss.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button