TA017558
KENNISGEWING VAN GROND ONTWIKKELINGSAANSOEK
Ons Indurain Urban Planners (Edms.) Bpk., het `n grondontwikkelingsaansoek
(RT/26/00015) by die Stad van Mbombela (CoM) Plaaslike Munisipaliteit ingedien ingevolge die CoM Bywet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2019, vir die verwydering van Titelvoorwaardes D.(a), D.(c), D.(c)(1) en D.(c)(2) vervat in Titelakte T6663/2021 van
Erf 477 Nelspruit Uitbreiding 2. Die betrokke eiendom is gele te Mostertstraat 46, Nelspruit, 1200, by kordinate
2528`52.0″S 3059`07.2″E. Die doel van die aansoek is om beperkende en verourderde titelvoorwaardes wat ingevolge `n historiese beplanningsraamwerk opgel is en nie meer met die huidige statutre beplanningsraamwerk en eiendom sonering ooreenstem nie, te verwyder.
`n Afskrif van die aansoek en stawende dokumentasie is verkrygbaar gedurende gewone kantoorure by die Kantoor van die Senior Bestuurder:
Grondgebruiksbestuur, Kantoor 205, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela, 1201, wie gekontak kan word op die volgende kontaknommer: 013-759- 2185. Geskrewe kommentaar of besware tesame met die redes daarvoor moet ingedien word in die voorgeskrewe formaat aan die Munisipale Bestuurder, Posbus 45, Mbombela, 1200; of by die Registrasie afdeling van Rekords, Eerste verdieping, Burgersentrum, Nelstraat 1, Mbombela; of gefaks word na 013-759-2070; of per e-pos aan: registry@mbombela.gov.za teen nie later as 31 Oktober 2026 nie.
Die formaat vir kommentaar of besware is beskikbaar by die Kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur, by die bogemelde adres of op die Munisipaliteit se webwerf
(www.mbombela.gov.za).
Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie mag enige personeellid van die Kantoor van die Senior Bestuurder: Grondgebruiksbestuur Afdeling, gedurende kantoorure raadpleeg en bystand sal aan sodanige persoon verleen word om die beswaar of kommentaar saam te stel.
Aansoeker se Kontakbesonderhede:
Naam: Indurain Urban Planners
Fisiese Adres: Eenheid B4, De Blok Office Park, 102 Ferreira Straat, Nelspruit, 1200
Telefoonnommer: 013-854-0111
E-posadres: themba@indurain.co.za
Reference Number: TA017558