TA017576
KENNISGEWING VAN `N AANSOEK OM GRONDONTWIKKELING INGEVOLGE DIE THABA CHWEU-VERORDENING OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR
Ek, Khetha Khoza van Greenbelt Consulting Pty (Ltd), gee hiermee namens die geregistreerde eienaar van Gedeelte 30 van die Plaas Rooidraai, gele langs die R540-pad, kennis dat ons `n aansoek om grondontwikkeling ingedien het (verwysing
SC/247) ingevolge die Thaba Chweu-verordening op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2016, vir Spesiale Toestemming om landbougebruik toe te laat. `n Afskrif van die aansoek en stawende dokumente is beskikbaar vir besigtiging tydens normale kantoorure by die kantoor van die Munisipale Bestuurder en die Stadsbeplanner: Thaba Chweu-munisipaliteit, Lydenburg-kantore, h/v Central- en Viljoenstraat, Lydenburg, 1120. Kontaknommer: 013-235-7388. Skriftelike kommentaar of besware, tesame met redes daarvoor, met betrekking tot die aansoek moet in die voorgeskrewe formaat ingedien word by: Kantoor 30, 1ste vloer, Lydenburg Civic Center, h/v Central- en Viljoenstraat, Lydenburg, of per e-pos gestuur word na townplanner@tclm.gov.za nie later nie as 30 Oktober 2026. Die formaat vir die kommentaar of besware is beskikbaar by die Stadsbeplanner by bogenoemde adres.
Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie, kan enige personeellid van die Stads-
beplanningsafdeling tydens kantoorure raadpleeg, en bystand sal verleen word om daardie persoon se kommentaar of besware op skrif te stel.
Aansoekers se kontakbesonderhede:
Naam: Khetha Khoza van Greenbelt Consulting
Fisiese adres: Dirkie Uysstraat 13, Nelspruit
Telefoonnommer:
071- 083-4836
E- pos: gbeltconsulting@gmail.com
Reference Number: TA017576