Domgeit kan nie verhelp word nie.
Dit volg dus dat ‘n mens geen domme daarvoor kan kwalik neem dat hy dom is nie. Dis maar een van daardie dinge.
Wanneer iemand soos ‘n domkop optree omdat hy te lui was om sy harsings in te span, is dit egter ‘n ander saak.
Dis eenvoudig onaanvaarbaar. Nogtans het luiheid in die tegnologiese era al hoe meer algemeen geword. Aan die een kant doen masjiene baie van ons werk vir ons. In plaas van om die boek te lees, wag jy vir die fliek. Fisiese werk word deur masjiene verrig. Selfs karenjins word toenemend deur rekenaars, eerder as motorwerktuigkunidges se bekwame hande, in stand gehou.
Ons het lui geword:




Die tegnologiese era het ook – ironies genoeg – meegebring dat ons vinniger werk. E-posse met instruksies bereik diensverskaffers vinniger as wat briewe in die vorige eeu het. Ooreenkomste word in die digitale sfeer gesluit en massas inligting flits daagliks op ons rekenaarskerms verby. Die spoed waarteen dinge gebeur, skep gereeld by my die wanindruk dat alles wat ek doen, dringend gedoen moet word. Die standaard werk wat dan gelewer word, skiet te kort wat die standaard daarvan betref.
Onthou: Deeglikheid is belangriker as dringendheid.
‘n Onaangename ervaring het my onlangs weer laat besef dat mense só lui geword het, dat hulle nie eers meer korrespondensie behoorlik lees nie.
‘n Skoonheidsmaatskappy het ‘n vakante betrekking gehad. Dis daardie spulle wat vroue se telefoonlyne warm bel om hul produkte aan jou af te smeer. Ek het daar aansoek gedoen.
Die geadverteerde posisie was ‘n senior een en sou kommunikasie en bemarking behels, asook die skryf van kopie vir hul bemarkingsveldtogte. Die geadverteerde salaris was iets om oor huistoe te skryf.
Soos ons op skool geleer is, het ek ‘n netjiese dekbrief saamgestel waarop ek duidelik uiteengesit het vir watter pos ek wou aansoek doen.
Ek kon dit maar gelos het. Niemand het my CV of dekbrief gelees nie. Dit sou ek egter eers uitvind toe ek die maatskappyvoordvoerder in Johannesburg vir ‘n werksonderhoud ontmoet.
Die jongman was geklee in ‘n slordige denim en hoodie. Ek het aangeneem dat hy iemand se kind was, maar dit blyk toe dat hy met my die onderhoud sou voer.

Sy vraag het my na lugborrels laat hap voor ek gesê het: “Uhm…dis oraait?”
Dit terwyl ek as ‘n reël so reageer op telebemarkers se oproepe: LEES MEER HIER.
My gesigsuitdrukking moes iets te kenne gegee het, want die ou het laat spaander. “Ek gaan net ‘n masjien haal,” het hy gemompel.
Die “masjien” het opgedaag in die vorm van nog ‘n denimdraende jongeling. Hierdie keer was dit ‘n vrou. “Dink jy dat jy die werk ernstig sal oorweeg?” het sy gevra en ek was so woedend dat ek daar uit is sonder om op die mense te skree.
Terug in Mbombela – meer as R1 000 later – het ek vir die maatskappy ‘n e-pos gestuur en my ontevredenheid met die deurmekaarspul laat blyk. Ek het sommer brandstofgeld ook geëis.
Hulle reaksie? “Ons is jammer dat jou aansoek onsuksesvol was.”
Wil jy nou meer.
Dis ‘n week later. Jy kan nog steeds ‘n dosyn eiers met my humeur kook.
Die grimeergroep is vreeslik trots op die feit dat hul oproepsentrum-beamptes almal graduandi is. Graduandi wat blom in die oproepsentrum-afdeling, mag na hul werwingsafdeling toe bevorder word.
Dis nou die outjies wat my CV so gelees het:

Nou ja. Voor jy weer vir iets aansoek doen, stuur maar eers vir die baas ‘n vlugleestoets.
Mense is nie noodwendig dom nie, maar ongelooflik lui.



