Local sportSport

Pumasdebuut wink vir Kotze

Kom wat wil, die voormalige speler van Witrivier Rugbyklub, Jacques Kotze kan heel moontlik hierdie naweek sy buiging vir die Steval Pumas teen die Vodacom Blou Bulle maak.

Hy was in die oorspronklike 22-tal teen die Grens ingesluit, maar weens Marné Coetzee wat met ‘n middel-oorinfeksie gesukkel het, maar toe slaggereed vir die wedstryd was, was die geleentheid hom nie beskore nie. Simon Westraadt is terug in die beginspan nadat hy nie in aksie die afgelope naweek teen die Windhoek Draught Welwitschias was nie. De-Jay Terblanche skuif terug plaasvervangersbank toe.

Die kaptein, Hugo Kloppers (harsingskudding), Reynier van Rooyen (skouer) en Bernado Botha (kuit) is weer op die been en sal Vrydagmiddag op Loftus Versfeld in Pretoria uitdraf.

Die witklopflank, Marnus Schoeman wat ook Saterdag op die nippertjie moes ontrek as gevolg van griep, is fiks verklaar en neem weer sy plek in die beginspan in. “Ons wil op die momentum voortbou, maar die Bulle op hulle tuisvelde is altyd ‘n tawwe stryd. Die Bulle het ‘n jong span, wat daarvan hou om hulle spel af te wissel om met die bal in die hand te speel tot hardlooprugby. Hulle het geen druk om vir die Curriebeker te kwalifiseer nie, omdat hulle outomaties in die uitspeelwedstryde betrokke is en dit maak hulle net meer gevaarlik,” het die Pumasafrigter, MJ Mentz genoem.

Die Pumas se span teen die Bulle lyk so:
15. Heinrich Steyl
14. Bernado Botha
13. Hoffmann Maritz
12. Hennie Skorbinski
11. Marcello Sampson
10. Justin van Staden
9. Reynier van Rooyen
8. Carel Greeff
7. Lambert Groenewald
6. Marnus Schoeman
5. Hugo Kloppers
3. Stephan Greeff
2. Frank Herne
1. Simon Westraadt.
Plaasvervangers: Francois du Toit, De-Jay Terblanché, Jacques Kotze, Jannie Stander, Nardus van der Walt, Emile Temperman en Marlou van Niekerk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button