Gholfdag ten bate van skool ‘n sukses
Golfspelers het verlede Saterdag 'n vrolike dag op die baan geniet ten bate van Kwetternes Kleuterskool.
Twee-en-sewentig spelers het Saterdag ‘n baie lonende dag ten bate van Kwetternes Kleuterskool op die Kambaku Gholfbaan geniet.
Die spel was ‘n vierbal-beterbal en daar was soveel pryse deur lojale ondersteuners geskenk dat gelukkig trekkings gehou is om alles uit te deel.
‘n Vrolike atmosfeer is by die klubhuis geskep deur dit met die kleuterskoolmaats se kuns te versier.
André du Plessis, beheer-raadslid van die skool, het al die personeel bedank vir hulle harde werk, sowel as al die borge wat die spesiale dag moontlik gemaak het.
Sarette Nel, skoolhoof, het ook op haar beurt almal bedank.
Uitslae:
Naaste aan Penne:
• Putjie nr. 5 – Ken Scrooby
• Putjie nr. 8/16 – Jannie Small
• Putjie nr. 18 – Herman Voigt
Langste drywe:
• Mans: Mark Schultz
• Dames: Roenel Basson
Die algehele wenners, wat soms net met ‚n punt of twee verskil het, was:
Eerste: Meyer Horn en Danny Cato met 48 punte
Tweede: Leonard Bonsma en Thomas Roberts met 47 punte
Derde: Conrad Bezuidenhout en Danielle Bosch met 45 punte
Vierde: Louis Grobbelaar en Johnny Bottomley met 44 punte
Vyfde: Jonathan Holtzhauzen en Neels Visser met 44 punte
Sesde: Cas Botha en Harry Pretorius met 44 punte

