School sportSport

NHS se hokkiespanne dring deur na eindstryd

Hoërskool Nelspruit (NHS) se A-seuns- hokkiespanne het verlede Donderdag in die finale ronde van die Laeveld-liga teen Hoërskool Lydenburg te staan gekom en uitstekende vertonings gelewer.

Al drie die A-spanne het na die uitspele op 16 Junie deurgedring wat sal bepaal wie in die Mpumalanga-eindstryd wat op 18 Junie plaasvind, in aksie gaan wees.

Dit was die eerstes en die o/14A’s se laaste kans om hulle plek in die uitspele te verseker en albei het hulle man gestaan.

Die eerste span, wat ook ‘n algehele derde plek in die Tuksreeks-kompetisie behaal het, het met 3-0 koning gekraai. Hierdie span het reeds nege liga-wedstryde agter die blad.

Die o/16A’s het opnuut bewys waarom hulle die algehele wenners van die Tuksreeks was, deur Lydenburg 3-0 te klop. Hulle is na vyf ligawedstryde onoorwonne en het na die uitspele deurgedring.

Die wensege is voortgesit toe die o/14A’s ook 3-0 met Lydenburg afgereken het.

Die eerste dogtershokkiespan het Vrydag Hoërskool Bergvlam 3-0 geklop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button