Bergland kry nóg ‘n spogtrofee
Die sportspanne van Laerskool Bergland het hierdie seisoen van krag tot krag gegaan. Vir die derde agtereenvolgende jaar, is Laerskool Bergland se eerste krieketspan as Mpumalanga se beste gekroon.
Die spannetjie het in die eindstryd teen Laerskool Klipfontein te staan gekom en met ses paaltjies geseëvier.
Hierdie klomp seuns is dié seisoen onoorwonne.
Twee van Bergies se spelers, Jean Burger en Dewald Maré het hierdie seisoen vyftigtalle behaal. Jean het die veld op 58, nie uit nie, verlaat terwyl Dewald twee vyftigtalle, 51 en 56, nie uit nie, gemoker het.
Lees ook: Bergland se kriekethelde vier botoon in finaal
“Die suksesverhaal kan aan die span se vermoë om as een saam te speel toegeskryf word en het deurgans die seisoen hul teëstanders onder groot druk geplaas,” het die afrigters,
Pierre Coetzer en Kobus de Wit gesê.
Bergland se eerste rugbyspan het tydens die Mpumalanga-grootskole se rugby-eindstryd ook gesorg dat dié trofee nêrens heen gaan nie deur Laerskool Kragbron in die eindstryd met 22-12 te klop.
So het hulle gespeel
- Bergland vs Laerskool Nelspruit – wen met nege lopies
- Bergland vs Nelspruit Primary – wen met sewe paaltjies
- Bergland vs Laerskool Laeveld – wen met 30 lopies
- Bergland vs Laerskool Lydenburg – wen met 49 lopies
- Bergland vs Laerskool Witrivier – wen met 10 paaltjies
- Halfeindstryd – Bergland vs CR Swart – wen met 47 lopies
- Eindstryd – Bergland vs Laerskool Klipfontein – wen met ses paaltjies.
