Local sportSport

Jong Komati-sterre stoei teen die bestes by SA Jeugkampioenskappe

'n Klein stoeiklub teenoor baie van die ander in Mpumalanga, het Komatipoort nie 'n tekort aan briljante talent nie.

Komatipoort Stoeiklub is onlangs goed by die SA Jeugkampioenskappe verteenwoordig en is met drie silwer medaljes huis toe.

Die SA Jeug-kampioenskappe het tussen 9 en 11 Oktober by die Heartfelt Arena in Pretoria plaasgevind. Honderde jong stoeiers tussen die ouderdomme van agt en 15 jaar het deelgeneem en teen mekaar gestoei om die beste van die bestes te bepaal. Al die provinsies asook Namibië is tydens die toernooi verteenwoordig.

Barry De Beer, Harry Williams, Megan Lugar, Xander Koedyk en Basjan Kok. > Foto: Facebook/Komatipoort Stoeiklub
Barry De Beer, Harry Williams, Megan Lugar, Xander Koedyk en Basjan Kok. > Foto: Facebook/Komatipoort Stoeiklub

Daar was daagliks meer as 500 wedstryde op vyf verskillende matte en die style wat gebruik is, was vrystyl en Grieks-Romeins (GR). Drie stoeiers van Komatipoort het op die matte in Pretoria geskitter en medaljes verwerf. Megan Lugar het in vrystyl in die junior 49 tot 54 kg-kategorie ‘n silwer medalje ontvang.

Megan Lugar. > Foto: Facebook/Komatipoort Stoeiklub
Megan Lugar. > Foto: Facebook/Komatipoort Stoeiklub

Xander Koedyk het in GR in die o. 10, 34.5 tot 38 kg-kategorie, silwer ontvang en Harry Williams het ook in GR in die o. 9, 30.3 tot 33.3 kg-kategorie, ‘n silwer medalje verower.

Xander Koedyk. > Foto: Facebook/Komatipoort Stoeiklub
Xander Koedyk. > Foto: Facebook/Komatipoort Stoeiklub

“Die kinders wat in die Mpumalanga-span opgeneem word, moes aan sekere vereistes voldoen. Hulle moes aan ope toernooie buite Mpumalanga deelneem en by daardie toernooie medaljes ontvang het,” verduidelik Anette Vermaak van die Komatipoort Stoeiklub. “Hulle moes ook in die Mpumalanga-streek aan ten minste drie van die vyf toernooie deelneem en medaljes verwerf.

Barry de Beer, Harry Williams en Basjan Kok. > Foto: Facebook/Komatipoort Akademie
Barry de Beer, Harry Williams en Basjan Kok. > Foto: Facebook/Komatipoort Akademie

“Die spannetjie van Komatipoort moes dwarsdeur die jaar hard werk en aan baie kompetisies deelneem om in die Mpumalanga-span opgeneem te word.” Twee afrigters van Komatipoort, Basjan Kok en Barry de Beer, is deel van die Mpumalanga-afrigtingspan, en Lizette Koedyk was ook deel van die Mpumalanga-span se bestuur.

“Die twee afrigters en spanbestuurder moes baie take indien, seminare in Gauteng bywoon, asook praktiese eksamens aflê om te kwalifiseer voordat hulle genomineer kon word. Om drie van ons ouers ook in die Mpumalanga-span teenwoordig te kon hê, is ‘n groot prestasie vir ons klub.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button