Local sport

Helpende Hand weer op ’n rol vir liefdadigheid

Die doel van die dag was om fondse in te samel vir die organisasie se verskeie projekte wat daarop gemik is om armoede te help verlig.

Solidariteit Helpende Hand se rolbalpretdag was Saterdag, 1 Augustus weer ’n reusesukses, met 28 spanne wat by die Nelspruit Rolbalklub deelgeneem het.

Verskeie plaaslike besighede en Laevelders het hul ondersteuning vir die organisasie in prettige uitrustings gewys.

Terwyl die grootmense mekaar op die rolbalbaan gepak het, is die jongspan deur Zippy die nar en kolwyntjieversierings vermaak.

Na afloop van die dag het ’n veiling en prysuitdeling gevolg.

Lede van Solidariteit Helpende Hand het hul dankbaarheid uitgespreek teenoor elke speler en besigheid wat gehelp het om die dag moontlik te maak.

Zippy die nar. > Foto: Verskaf/Rose Media Studio
Zippy die nar. > Foto: Verskaf/Rose Media Studio
George Stevens, Bernardine en Henk Gerber, en Pierre Kotze. > Foto: Verskaf/Rose Media Studio
George Stevens, Bernardine en Henk Gerber, en Pierre Kotze. > Foto: Verskaf/Rose Media Studio
Michaela en Maria Carelse. > Foto: Gia Radnai
Michaela en Maria Carelse. > Foto: Gia Radnai
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button