Whities staan vas in tweede ronde
Laerskool Witrivier se eerste rugbyspan is na die tweede ronde van die Mpumalanga Laerskole-liga steeds onoorwonne en beklee die eerste plek op die punteleer met 10.

Saam met hulle in die eerste plek, is Tobie Pretorius van Laerskool Bergland se span.
Witrivier het verlede week gasheer vir Laerskool Lydenburg gespeel.
Die eerste rugbyspan het die besoekers 48-14 die loef afgesteek.
Die Whities was in die eerste ligawedstryd teen Nelspruit Primary in aksie en het die kragmeting 32-0 gewen. Die tweedes kon ook daarin slaag om gemaklik met 38-0 te wen.Whities se netbaldogters was meestal aan die verloorkant. Van die 11 wedstryde wat gespeel was, kon net die tuisspan se o/11B’s die knoop deurhak terwyl die o/10B’s 7-7 elk gelykop gespeel het. Die eerste dogterspan moes toekyk hoe hulle besoekers hulle met 25-5 klop.

