School sportSport

Rhinos staan sterk teen Monnas in eindstryd van Tuksreeks

Dit was 'n donker dag vir Hoërskool Nelspruit se Steval/KMIA Rhinos in hulle derde eindstryd van die Tuksreeks afgelope Saterdag.

NHS en die Wit Bulle van Hoërskool Monument het die afgelope drie jaar reeds drie keer kragte gemeet, maar dit was Saterdag Monnas wat weer dié trofee omhoog gehou het.

Die span van Krugersdorp is vir die eerste keer sedert 2010 as kampioene gekroon toe hulle Nelspruit met 25-17 getroef het. “Die afgelope naweek was net weereens ‘n bewys dat ons glad nie hoef terug te staan om saam met die groot honde te kan blaf nie. Ons het kompeterende, skoon harde skolerugby gespeel,” sê die breiers, Chris Mans en Gerhard Holtzhausen.

Die verskil tussen die twee spanne was die fisieke aanslag wat deur die gevreesde kaptein en haker van Monnas, PJ Botha, die slot Ruan Vermaak, Christopher Havenga en die senter Bakkies Potgieter gelei is.

“Dit was ‘n hengse stryd wat in baie goeie gees plaasgevind het. Ons is trots om die trofee weer terug by ons te hê,” het die wenafrigter, Hans Coetzee gesê.

Die Rhinos het nooit moed opgegee nie en was teen rustyd met net 10-6 agter. Die haker, SP Muller en die flank, WJ Haliday het voorlangs gewoel en Monnas opdraande gegee. Die twee senters, Riaz Adebayo en Marnus Kruger was ook goud vir die wedstryd werd.

Die skeidsregter, Stephan Geldenhuys wat in sy vyfde Tuksreeks-eindstryd geblaas het, was nie skaam om strafskoppe uit te deel nie. NHS se Janco Steenkamp en Monnas se vleuel, Arno van der Westhuizen is albei koelkas toe gestuur na gevaarlike duikslae. “Monument se spelers is man vir man groter as ons, maar ons het ons man gestaan. Dié jaar was dit nie ons beurt om die trofee terug te bring huis toe nie, maar daar is altyd ‘n groter prentjie. Die hoogtepunt van die dag was toe die spanne en hulle afrigters aan die einde van só ‘n wedstryd saam in ‘n kring kon sit en eer aan God vir besonderse talent bring.”

NHS se o/16A-seunshokkiespan was ook Saterdag in die eindstryd teen Rustenburg in aksie en het die wedstryd 2-1 gewen om so in die eerste plek op die punteleer te eindig.

Foto’s: Johan Orton en Frans Lombard

So het die ander spanne gevaar:
Rugby
• O/16A – NHS 13, Kempton 3 (algeheel negende)
• O/15A – NHS 13, Eldoraign 11 (13de)
• O/14A – NHS 27, Klerksdorp 29 (12de)

Hokkie, dogters
• Eerstes – NHS 1, Monnas 6 (sesde)
• O/16A – NHS 1, Kemptonpark (sewende)
• O/15A – NHS 1, Eldoraign 2 (sesde)
• O/14A – NHS 0, Eldoraign 1 (sesde)

Hokkie, seuns
• Eerstes – NHS 3, Monnas 1 (derde)
• Tweedes – NHS 3, Menlopark 5 (tweede)
• O/14A – NHS 3, Centurion 1 (negende)
• O/14B – NHS 1, Menlopark 6 (tweede).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button