School sportSport

Olimpiese ster maak draai by Curro se prysuitdeling

Die voormalige 100- metervlinderslag Olimpiese swemmer, Lize-Mari Retief (29) was die gasspreker by Curro Nelspruit Swemakademie (CSA) se eerste jaarlikse prysuitdeling verlede week.

Dié Olimpiese-spoedvraat, het agt jaar laas kompeterend deelgeneem. Sy het onlangs ma geword en doen nou haar laaste Zumajaar om volgende jaar as dokter te kwalifiseer. Sy het voor die funksie begin het, die yskoue water by Curro se swembad getrotseer en ‘n 50m-vlinderslag geswem terwyl die leerders dit met groot bewondering aanskou het.

Retief was die rekordhouer van byna nege Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskappe. Sy het haar land in 2003 by die Afrika-Spele, in 2006 by die Statebondspele en in 2008 by die Olimpiese Spele verteenwoordig. Haar persoonlike beste tyd in die 100m-vlinderslag is 58,20 sekondes.

Carla Mouton is as die beste vlak 3-swemmer aangewys. Dit is geen geheim dat borsslag haar gunsteling is nie. Tydens oefeninge het sy merkwaardige verbetering in al haar slae getoon en ook goud by die vlak-3 kampioenskappe losgeswem.

Eben Terblanche het die prys as die mees gevorderde junior manswemmer 10 jaar en jonger ontvang vir sy onmiskenbare verbetering in die swembad. Hy het ‘n medalje by die topskole ontvang.

“Hy is altyd bereid om te leer en doen sy bes om my raad te volg. Hy het verlede jaar by ons aangesluit en ek het groot hoop vir die seun,” het die afrigter van CSA, Karlien van Heerden gesê.

Die driekampatleet, Asher Biggs is as die beste junior mansdriekampatleet aangewys vir sy derde plek tydens die Suid-Afrikaanse driekampkampioenskappe, asook in die Suid-Afrikaanse tweekampkampioenskappe.

“Hy oefen douvoordag saam met die seniors en ek weet nie wat sy ma hom ingee om te eet nie, maar hy is vol energie. Sy liefde vir die sport inspireer ons almal.”

Pierrette Labuschagne het van vroeg af haar merk gemaak om te wys dat sy saam met die groot en sterk mans kan swem. Sy het tydens die Funky Pants Ope Waterswemreeks ‘n hele paar 3 en 1,5 kilometers voltooi.

“Sy is hardwerkend en dit is lekker om haar af te rig en daarom het ek die prys as beste meester-vroueswemmer aan haar toegeken.”

Die swemklub is nie net vir Curro-skoliere nie, maar vir enige swemmer wat graag wil aansluit. Vir meer inligting skakel Karlien van Heerden by 073-188-3309 of karlien.v01@ curroholdings.co.za.

 

Ander prestasies

Vroue

• Junior driekampatleet – Jeanne Joubert

• Senior driekampatleet – Sonnette de Beer

• Vlak 1 – Paige Lombaard

• Vlak 2 – Sumari Naude

• Vlak 3 – Carla Mouton

• Mees gevorderde 10 en onder – Cherise van Zyl

• Mees gevorderde 11 en ouer – Micca Steyn

• Mees toegewyde – Theola McDonald

• Meesterswemmer – Pierrette Labuschagne

Mans

• Junior driekampatleet – Asher Biggs

• Mees gevorderde driekampatleet – Frans Mentz

• Senior driekampatleet – Richard Joubert

• Vlak 1 – Conrad Joubert

• Vlak 2 – Dylan Boshoff

• Vlak 3 – Gerard Venter

• Mees gevorderde 10 en onder – Eben Terblanche

• Mees gevorderde 11 en ouer – Conrad Joubert

• Mees toegewyde – Ruben Terblanche

• Meesterswemmer – Hendrik Tryhou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button