NHS se Rhinos wen, Vlammies val vas
Hoërskool Nelspruit het die afgelope naweek in die eerste ronde van die Puma-makroskole teen HTS Middelburg te staan gekom.

Hoërskool Ben Vorster se netbalspanne het ook Saterdag teen NHS se dogters kragte gemeet. HTS Middelburg het geen antwoord vir NHS se eerste span gehad nie en met 26-32 verloor. Ben Vorster was te sterk vir die tuisspan en het 23-36 gewen.
Die eerste dogtershokkiespan het 1-0 teen HTS verloor terwyl die tweedes een elk gelykop gespeel het.
Die o/16A’s en B’s en die o/14B’s het hulle wedstryd onderskeidelik 2-0, 2-0 en 1-0 gewen.
NHS se eerste rugbyspan, die Steval/KMIA Rhinos het die eerste ronde op ‘n hoë noot afgeskop en was met 43-29 baas terwyl die o/16B’s ‘n wegholoorwinning van 55-22 behaal het.
Hoërskool Nelspruit reis die vandag na Hoërskool Middelburg vir die tweede ronde van die Puma-makroskole.
• Dit nie so goed met Hoërskool Bergvlam se hokkie- en rugbyspanne gegaan nie. Vlammies het Saterdag teen Hoërskool Secunda te staan gekom, en uit die 10 wedstryde wat gespeel is, kon die tuisspan nie een van die wedstryde wen nie.
Die eerste seunstennisspan het NHS op die bane ore aangesit en 39-16 gewen.


