EntertainmentLifestyle

Francois maak naam in modewereld

LYDENBURG – ‘n Plaaslike jongman van die dorp is besig om vinnig as ‘n knap en bekwame model naam te maak. Mense kan gerus Francois du Plessis (22) se naam onthou, want hy is na groot dinge op pad. Francois bly al vir die afgelope vier jaar in Lydenburg en het tot so min as ses …

Francois du Plessis is tuis voor 'n kamera
Francois du Plessis is tuis voor ‘n kamera

LYDENBURG – ‘n Plaaslike jongman van die dorp is besig om vinnig as ‘n knap en bekwame model naam te maak.
Mense kan gerus Francois du Plessis (22) se naam onthou, want hy is na groot dinge op pad.
Francois bly al vir die afgelope vier jaar in Lydenburg en het tot so min as ses maande gelede nog modelwerk by Ronel Joubert gedoen.
In dié kort tydperk het hy al verskeie titels ingepalm en het ook aan die Suid-Afrikaanse uitdunne in Middelburg deelgeneem en met een goud, twee silwer en ‘n bronsmedalje weggestap.
“Die hele storie was eers net vir die pret, maar ek het gou besef dat ek vir die stage gemaak is. Ek is in Julie as Mr Prince Winter in Bloemfontein aangewys. Dit is ‘n groot voorreg aangesien dit die titel se honderdste bestaansjaar is. Die afgelope naweek is ek ook deur ‘n scout genader om in Ecuador my modelwerk ‘n hupstoot te gee. Dit is egter moeilik want ek moet voor 26 Augustus geld insamel
om die geleentheid te kan bywoon.”
‘n Foto van Francois is op Facebook het so groot indruk op dié werwer in Ecuador gelaat dat hy hom so gou as moontlik daar
wil kry vir modelwerk. “Finansies is net ‘n probleem. Ek het borge nodig om dit ‘n realiteit te maak.”
Francois fokus hoofsaaklik op loopplank en fotografiese modelwerk. “Ek doen ook spokes modelling wat baie met
toneelspel te make het. Ek was ook al as ‘n ekstra in 7de Laan gebruik waar ek in die koffiekroeg moes sit.”
Indien hy wel na Ecuador gaan, wag daar ook ‘n volle uitsending na afloop van sy modelwerk daar op
Pasella.

Hy is ook bedrywig met fotografie en die ontwerp van klere. “Van my skeppings gaan die jaar by die matriekafskeid te siene wees. Ek werk ook aan ‘n ander projek waar ek twee sopkombuise op die been wil bring.”
Al is hy gemaak vir die “glitz and glamour” van Hollywood, bly sy tuisdorp vir hom na aan die hart. “As ek eendag beroemdheid verwerf het sal ek steeds terugkom hierheen. Lydenburg is my hart se punt. Ek sal waarskynlik hier kom aftree. Dit is my dorp, dit is waar ek sal bly.”
Sy rolmoddelle is Marilyn Monroe en James Dean. “Hulle het in hulle kort lewe so baie bereik. Ongelukkig het hulle nie geweet wat om met hulle beroemdheid te doen nie. As ek eendag naam maak moet almal weet wie ek is en dat ek van Suid-Afrika af kom.”
Sy ouers is sy steunpilare. “Hulle ondersteun my en is altyd daar vir my. Ek kan net dankie sê vir hulle bystand. Ek moet ook vir Ronel baie dankie sê vir alles wat sy vir my doen en dat sy my druk om my volle potensiaal te bereik.”
Dié jongman is vasbeslote en weet presies wat hy uit lewe wil hê en glo in sy leuse “jy is oorspronklik en nie ‘n kopie nie”. “Dit is my lewe, dit is wat ek wil doen.”
Indien enige iemand vir Francois kan help in die vorm van borge kan hom gerus by 079-089-6128 kontak. Hy nooi ook mense uit om by sy Facebookblad, Francois du Plessis, aan te sluit.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button